Die feesterrein beslaan 12,4 ha. Die terrein word onderhou, uitgebou en verbeter.

Die feesterrein beskik oor twee sale van ongeveer 400 m2 en 350 m2. Onderdakuitstalruimte beloop 300 men onderdaksitruimte op stoepe ongeveer 400 m2  (sitplek vir 800 mense). Die terrein beskik oor ‘n paviljoen met sitplek vir 400 mense. Daar is ook ‘n onderdakverhoog (Tom se Verhoog) van 12 m x 6 m. Die verhoog is vernoem na Tom Beukes wat die bouwerk met ongekende passie gedryf het.

Die biertuin beslaan ‘n oppervlak van 300 m2  met eie toiletgeriewe en eie dranklisensie.

Die feesterrein is boomryk en beskik oor baie kampeerplek met 4 ablusieblokke (6 toilette en  6 storte elk) met volop warm water.