
OVTEK
   Oos Vrystaatse Veteraan Trekker- en    Enjinklub  
  
   
Die veteraantrekkers en -enjins het in 1987 ‘n afdeling van die Clocolan skou geword en 11 trekkers is ingeskryf. Van die eerste deelnemers was At van de Ruit, Coenie de Beer, Eddie Spence, Gerhard Wille, Gert Beukes, Joe Schimper en Koos Strydom.
Coenie, Gert en Koos is almal vandag nog deel van die fees.
 
 OVTEK is in 1989 as tak van Veteraantrekkerklub van   Suid-Afrika gestig en het oor die jare heen nog aan elke skou deelgeneem.       
