Alhoewel Clocolan die tweede kleinste distrik in die land is, het die oliebedryf besluit om as gevolg van die hoë brandstofverbruik deur trekkers die eerste groot brandstofdepot in Clocolan op te rig. 

Die landbougemeenskap was vooruitstrewend en modern.  ‘n Jaarlikse landbouskou sou hulle toelaat om moderne werktuie te sien en hulle vee en perde ten toon te stel.

Die Clocolan Landbougenootskap is in 1951 gestig en die eerste skou is gehou.

Deur die jare daarna is jaarliks  ‘n landbouskou met afdelings van graanproduksie, vee, uitstallings en vermaak gehou.

Persone wat deur die jare diep spore getrap het, was onder andere Breda van Reenen, Villiera Viljoen, Jan Viljoen van Van Aardtsdraai, Paul Viljoen, Rina Viljoen, Roelie Jordaan, Frans Pieterse en Hennie Swanepoel.

Van 1987 het die veteraantrekkers en -enjins ‘n afdeling van die skou geword.

In 1995 het die munisipaliteit die opsie aan die Landbougenootskap gegee om die perseel  te koop.  Dit is gedoen en die skougronde is die privaateiendom van die Landbougenootskap. Van 1998 word die skou hoofsaaklik in die vorm van ‘n veteraanskou gehou.