Veldwedloop 28 en 29 Maart 2020.
Kontak: Justin
076 038 4476

Die Barletta Veldwedloop is ‘n nuwe toevoeging tot die 3 Mountains en die tweede wedloop in die ETR.RUN reeks en word op die plaas Barletta tussen Clocolan en Excelsior aangebied.

‘n Feestelike nagwedloop van 5km sal op Vrydag, 27 Maart by die Clocolan Plaaskultuurfees aangebied word. ‘n Goed gemerkte roete sal al om die Clocolan Gholfbaan gevolg word. Na die wedloop kan iets te eet en te drink by die Fees geniet word. Stappers en drawwers is welkom.

Die hoof wedloop vind op die plaas Barletta ongveer 20km vanaf Clocolan plaas. Inligting aangaande die wedloop, inskrywings en verblyf is op die webwerf etr.run beskikbaar

Kom geniet die prag van die Oos Vrystaat in die herfs. Kom en wees deel van ons lewende museum.